Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 08 JULIE 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus van ʼn stille sleutel:

Dit is met hartseer dat ons geleer het dat Ashley Ware-Lane, ZS1ASH 'n stil sleutel geword het. Ashley was 'n groot sosiale mens en het enige sosiale geleenthede geniet. Hy het die ongelooflike vermoë gehad om groepe suksesvol te bestuur en geleenthede te organiseer, hy het hom in talle klubs en organisasies betrek. Ashley was bekend deur die reddings gemeenskap as operateur vir beide ORRU en SARL Hamnet en het baie reddings in sy dag bygewoon. Hy was onlangs die voorsitter van die Kaapse 4X4 Klub en die organiseerder van verskeie SARL Hamnet Winter oefeninge, voorsitter van ZS1FUN en het Suid-Afrika in China verteenwoordig by 'n internasionale vlieërfees.

Sy warm en joviale teenwoordigheid sal gemis word deur almal, maar baie meer deur sy familie nie. Ons betuig ons opregte meegevoel aan Mari, ZS1MW, Bradley, Celine, sy uitgebreide familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE RaDAR UITDAGING VOLGENDE SATERDAG

EERSTE WORKED ALL ZS 200-TOEKENNING OP TOPBAND

en

REGISTRASIE VIR JOTA/JOTI 2018 IS NOU OOP.

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE RaDAR UITDAGING VOLGENDE SATERDAG

Die RaDAR Uitdaging is 'n unieke geleentheid wat daarop gemik is om die gebruik van Vinnig Ontplooibare Amateur Radio-stasies te bevorder. Die kategorie van deelname (Vaste, Veld of Beweging) kan enige tyd tydens die uitdaging verander word. Die punte stelsel is so gestruktureer dat draagbare RaDAR-operasies ,veral beweegbare RaDAR-stasies aangemoedig word. RaDAR-operateurs word aangemoedig om tydens elke uitdaging selfversorgend te wees, met nie net krag- en kommunikasie toerusting nie, maar kos, water, beskermende klere en skuiling.

RaDAR-operateurs definieer hul eie bedryfstydskedule. Dit is die verantwoordelikheid van elke individu om sy/haar maksimum, enkele tydperk, vier uur werking te beplan. Die tweede RaDAR-uitdaging vind plaas vanaf 00:00 tot 23:59 UTC op Saterdag 14 Julie 2018 met Gelykgolf, ESB, FM of enige wettige amateur radio digitale modus op alle amateur bande, insluitende kruisbandkontakte via amateur radio-satelliete. Die RaDAR-uitdaging verg meer as 'n minimalistiese inligtingsuitruiling. Die uitruiling is jou roepsein, naam, RS- of RST-verslag en ruitverwysing.

Raadpleeg die 2018 SARL Blouboek of die Julie-uitgawe van Radio ZS vir al die besonderhede.

IARU HF KAMPIOENSKAPPE EN WRTC-2018

Die IARU HF Kampioenskappe en die WRTC-2018 sal vanaf 12:00 UTC op Saterdag 14 Julie tot 11:59 UTC op Sondag 15 Julie 2018 op die lug wees. Alle gelisensieerde amateurs węreldwyd kwalifiseer om deel te neem. Die doel is om soveel ander amateurs op foon en gelykgolf, veral IARU Ledeverenigings HK-stasies, oor die hele węreld te kontak op die 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter-bande. Beide Enkel- en Multi-operateurstasies mag die hele 24-uur-tydperk deelneem. Die WRTC-2018 het 63 spanne wat uit Duitsland deelneem en hulle gebruik dieselfde reëls as die HF Kampioenskappe. Suid-Afrikaanse stasies sal 'n RS- of RST-verslag en ITU-sone 57 uitruil. ZS9HQ sal 'n RS- of RST-verslag en SARL gee. Die reëls is op bladsy 24 van die Julie-uitgawe van Radio ZS.

EERSTE WORKED ALL ZS 200-TOEKENNING OP TOPBAND

Johann van Zijl, ZS4DZ het die eerste Worked All ZS 200-Toekenning op 1,8 MHz ontvang. Johann het die derde en laaste intreevlak-toekenning op hierdie band in 2013 ontvang, minder as 'n jaar na die eerste wenner. Die feit dat nog net drie intreevlak-toekennings uitgereik is gee 'n idee van hoe moeilik hierdie toekenning is. Tjerk Lammers, ZS1J die SARL-Toekenningsbestuurder verduidelik dat die hoë ruisvlakke en groot lugdrade wat op hierdie band nodig is die aantal aktiewe amateurs op die band beperk . Dit is verstommend dat dit moontlik is om meer as 200 Suid-Afrikaanse roepseine daar te kontak! Soos met die meeste onlangse WAZS-toekennings, het die SARL se SA-QSL-stelsel 'n onmisbare rol in die bevestiging van die nodige 200 kontakte gespeel.

Worked All ZS is die SARL se mees gewilde toekenningsprogram. Meer as 30 intreevlak-toekennings is verlede jaar uitgereik, en die voorste stasie het al kontakte met meer as 1 600 unieke Suid-Afrikaanse roepseine bevestig!

YOTA 2018 - 'N PAAR WEKE WEG

Met slegs 'n paar weke oor tot YOTA 2018 in Suid-Afrika begin, is die SARL YOTA gebeurtenis-span hard aan die werk om voorbereidings vir 'n 7-dag program te doen wat gevul is met 'n verskeidenheid amateur radio-verwante aktiwiteite, uitstappies en baie pret! Briewe aan suksesvolle kandidate om by die Suid-Afrikaanse span aan te sluit, is per e-pos gestuur. Die name en roepseine van die span sal aangekondig word sodra die geselekteerde spanlede hul deelname aan die geleentheid bevestig het. YOTA 2018 bied baie geleenthede aan om meer te leer oor amateur radio en om mede-amateurs uit verskeie ander lande te leer ken.

Jy kan steeds betrokke wees by hierdie projek om hierdie geleentheid 'n onvergeetlike geleentheid te maak vir die besoekende sowel as die Suid-Afrikaanse spanne deur verskeie aspekte van die geleentheid te borg. Jou finansiële bydraes sal die verskil maak. Vir meer besonderhede, besoek www.zs9yota.co.za. Jy kan dit laat gebeur!

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radioliga

ZS70BAK EN DIE BOLAND AMATEURRADIOKLUB AJV

Die Boland Amateurradioklub het hul algemene jaarvergadering gehou op Saterdag 1 Julie en die klub is 70 jaar oud hierdie jaar. Om die geleentheid te vier, is 'n spesiale roepsein, ZS70BAK, uitgereik aan die klub en dit sal gereeld tot einde Maart 2019 gebruik word. 'n Spesiale QSL-kaart sal gepos word aan lede wat QSL regstreeks met 'n self-geadresseerde koevert met seels stuur. Die QSL-adres is op die BARK webwerf by http://bark.org.za/ beskikbaar.Jy kan ook QSL via die SARL Elektroniese QSL-stelsel.

Tydens die algemene jaarvergadering is die volgende lede verkies om in die komitee te dien
Voorsitter: Conradt Esterhuysen, ZS1ES
Ondervoorsitter en Sekretaris: David de Kock, ZS1DDK
Komiteelede: Rassie Erasmus, ZS1YT, Deon Coetzee, ZR1DE, Andrč Shaw, ZS1AN, Johan le Roux, ZS1RX, Jan van der Vyver, ZS1VDV, en Mike Kellet, ZS1TAF.

REGISTRASIE VIR JOTA/JOTI 2018 IS NOU OOP.

Die tyd het aangebreek vir die registrasie van elke Padvinder-groep vir die grootste Padvinder-geleentheid van die jaar. Registrasie kan gedoen word by die węreldwye webwerf www.jotajoti.info/sign-up-jota-joti-2018/. Registrasie vir vanjaar se JOTA/JOTI-geleentheid bied jou Groep toegang tot die Internasionale Jamboree-bladsy. Jy sal in 'n oogopslag kan sien wie al die geregistreerde stasies van regoor die węreld is en deelneem aan die grootste Padvinder-geleentheid wat elke jaar gehou word. Dit bied jou ook die geleentheid om ander stasies regoor die węreld voor die geleentheid te kontak en 'n toegewyde tyd, ens. te bepaal om ‘n kontak te maak. Begin nou met die beplanning van jou geleentheid!

Jou Nasionale JOTA/JOTI-koördineerder kan jou help om met een van die plaaslike Padvinder-groepe in aanraking te kom. Dit is nie moeilik om 'n geleentheid by jou plaaslike Padvindersaal op te stel nie. Al wat jy nodig het is 'n paar Welpies en Padvinders en 'n Leier of twee om die naweek te organiseer. Dit is nie nodig om die hele naweek besig te wees nie, jy kies watter dae jou groep sal werk. Die besigste tye is op die Saterdag. Vir inligting en bystand van die Nasionale JOTA/JOTI koördineerder, kontak Richard, ZS6RKE by richard.hooper@scouts.org.za.

TOEGEWYDE NOOD FREKWENSIES

Alle klubs, wanneer nuwe amateurs hul lisensies kry, moet daaraan herinner word dat daar sekere Toegewyde Nood Frekwensies is vir nood kommunikasie en dat die Mariteme Mobiele Net en SARL Hamnet die volgende frekwensies spesifiek vir daardie doel gebruik. Hierdie frekwensies moet altyd, behalwe in 'n noodgeval en of daaglikse weervoorspellings wat deur die Suid-Afrikaanse Weerburo aan die Maritieme Mobiele Net verskaf word, gemonitor word en nie vir algemene spraak gebruik word nie.

Vir die Maritieme Mobiele Netwerk - 7 120 kHz en vir SARL Hamnet 7 110 kHz is toegewyde nood frekwensies soos ooreengekom deur die IARU - węreldwyd - en moet weerhou word van normale amateur kommunikasie. Dit sal waardeer word dat nuwe amateurs - en ons verwelkom hulle op die bande - bewus moet wees van hierdie toegewyde frekwensies en slegs vir daaglikse weerberigte gebruik word om gestuur (privaat) en nie vir algemene gebruik nie.

ALGEMENE JAARVERGADERINGS

Die AJV van die Wes-Randse ARK sal op Saterdag 14 Julie by die Klubhuis in Krotonstraat, Weltevreden Park, plaasvind. Die AJV van die Kaapstadse Amateurradiosentrum sal op Saterdag 28 Julie om 14:00 by die Klubhuis plaasvind en die AJV van die Namibiese Amateur Radioliga vind om 15:00 plaas by die SATCOM-raadskamer, Jakaranda-straat, Windhoek.

OKTOBER RAE REGISTRASIE

Die registrasie van kandidate vir die Oktober RAE open op Saterdag 14 Julie.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

9 Julie – die sluitings datum vir die ZS5 Naelloop logstate
14 Julie – die RADAR Uitdaging, registrasie vir die Oktober RAE open en die Wesrand ARK se AJV
14 en 15 Julie – die IARU HF Kampioenskappe en WRTC-2018
16 Julie – die sluitings datum vir Nuweling logstate
17 Julie – die Sandton ARK se RAE kursus begin
21 Julie – Die Winter QRP kompetisie en die Pretoria ARK Snuffelmark
22 Julie – die ZS2 Naelloop
28 Julie - die algemene jaarvergaderings van die Kaapstadse ARS en die Namibiese Amateur Radioliga

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die tweede RaDAR-uitdaag vind plaas vanaf 00:00 tot 23:59 UTC op Saterdag 14 Julie 2018 met Gelykgolf, ESB, FM of enige wettige amateur radio digitale modus op alle amateur bande, insluitende kruisbandkontakte via amateur radio-satelliete. Die RaDAR-uitdaging verg meer as 'n minimalistiese inligtingsuitruiling. Die uitruiling is jou roepsein, naam, RS- of RST-verslag en ruitverwysing. Raadpleeg die 2018 SARL Blouboek of die Julie-uitgawe van Radio ZS vir al die besonderhede.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003